Skip Ribbon Commands
Skip to main content
Skip Navigation LinksHome>Our Company>PAIA>Afrikaans - Deel 1
Afrikaans - Deel 1

 

Guide to requesting information from Eskom Link to Promotion of Access to Information Act (Act 2,2000) 
(Government Website)

Manuals

Please note, when using the On line Request Forms:

If you do not receive any electronic reply within 2 days contact

Eddie Laubscher 

Tel: +27 11 655 2130

Fax: 0866679952

Contact details/addresses Request Form                  Print          On line
Internal Appeal Form       Print          On line

ESKOM HOLDINGS SOC BEPERK

Handleiding ingevolge artikel 14 van die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting Wet Nr. 2 van 2000          
                       (Handleiding word in Deel 2 vervolg)

VOORWOORD

Om ʼn gebalanseerde en verstaanbare evaluering van Eskom se posisie te bied, streef die maatskappy voortdurend om seker te maak dat sy verslagdoening en openbaarmaking aan belanghebbendes relevant, duidelik en effektief is. Die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting Nr. 2 van 2000 is geformuleer om uitvoering aan toegang tot inligting soos in die Grondwet verskans, te gee. Eskom beskou dit nie net as ʼn kwessie van wetsnakoming nie, maar eerder as ʼn geleentheid om inligtingsbestuur op ʼn holistiese en gentegreerde manier te hanteer.

Eskom l groot klem op die bevordering van ʼn kultuur van deursigtigheid en toerekenbaarheid, en sal voortgaan om die beginsels van ontvanklikheid, integriteit, toerekenbaarheid en verantwoordelikheid aan belanghebbendes te ondersteun.

Eskom erken dat korporatiewe bestuurstoesig ʼn dinamiese gebied is en, as sodanig, dat sy stelsels van korporatiewe bestuurstoesig voortdurend herevalueer word om te verseker dat die standaard van di stelsels van wreldgehalte is en dat dit relevant vir Eskom se ontwikkelende besigheid bly. Die maatskappy kom dus die Protokol van Korporatiewe Bestuur in die Openbare Sektor (1997), die Wet op Openbare Finansile Bestuur van 1999 ("die PFMA") en die King II-verslag oor korporatiewe bestuur (2001) na.

Hierdie is Eskom se handleiding ter nakoming van die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting, Wet Nr. 2 (2000) en ek vertrou dat dit van hulp sal wees as u inligting van Eskom versoek.

Dr Steve Lennon
Groep- Uitvoerende Beampte  Volhoubaarheid

Terug na bo


INLEIDING

Die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting van 2000 is geformuleer om ʼn kultuur van deursigtigheid en toerekenbaarheid in openbare en private instansies te bevorder deur uitvoering aan die reg van toegang tot inligting soos in die Grondwet verskans, te gee.

Die Wet l vrywillige en verpligtende prosedures neer om uitvoering te gee aan die grondwetlike reg tot inligting, op ʼn wyse wat persone in staat stel om rekords van openbare instansies so vinnig, goedkoop en moeiteloos moontlik te verkry.

Indien u enige probleem met die gebruik van hierdie riglyn ervaar, kan u gerus die betrokke Adjunk-Inligtingsbeampte (sien lys) nader wat die mees toepaslik vir u versoek om inligting is.

Versoek om inligting
ʼn Versoek om inligting kan of aanlyn gedoen word, of as alternatief,

  1. Druk die formele versoekvorm uit wat ook op die webblad beskikbaar is (bykomende afskrifte kan by een van die onderstaande adresse verkry word).
  2. Voltooi alle velde in die versoekvorm of herskryf die besonderhede in ʼn e-posboodskap.
  3. Stuur u versoek deur na een van die volgende adresse:

Posadres

Fisiese Adres

Nasionale Adjunk-Inligtingsbeampte
(Aandag: Eddie Laubscher)
Privaatsak X13
Halfway House
1685

Eskom Exhibition & Convention Centre
Dale-weg
Halfway House
1685

E-pos

Faks

PAIA@eskom.co.za  

Aandag: Nasionale Adjunk-Inligtingsbeampte
ESKOM HOLDINGS SOC BEPERK
Faksnommer: 0866679952

4. Eskom sal binne 30 dae antwoord en meld of die inligting toeganklik is en hoe en waar u dit kan afhaal.

5. Onder sekere omstandighede kan daar van u vereis word om ʼn deposito aan Eskom te betaal, alvorens die rekord wat u versoek het, aan u beskikbaar gestel sal word. Slegs nadat u die deposito betaal het, sal Eskom begin om die vereiste inligting te soek.

6. Na ontvangs van die geld mag Eskom, met indiening van die versoekvorm, die rekord aan u openbaar in die formaat wat u versoek het of in die formaat waarin die rekord bestaan, as die formaat wat u versoek het, nie beskikbaar is nie.

Aantekeninge oor die versoekprosedures 

  • Let asseblief daarop dat dit ons sal help met die uitvoer van u versoek as u die prosedures nakom wat in die inleiding tot hierdie dokument uiteengesit word.
  • U word dus aangemoedig om die standaard versoekvorm wat deur alle Openbare Instansies gebruik word, te gebruik wanneer u u versoek indien.
  • Kontak ons asseblief gerus by enigeen van bostaande adresse as u probleme met die voltooiing van u versoekvorm ondervind.
  • Maak ook asseblief seker dat u ook u hoedanigheid of titel binne die organisasie waarvoor u werk, aandui aangesien dit ons sal help om u versoek te verwerk.
  • Indien u inligting namens iemand anders versoek, dui asseblief die aard van u verwantskap met die individu of organisasie aan sodat ons u nie toegang weier op grond daarvan dat die inligting vertroulik tot daardie party is nie.
  • Maak asseblief seker dat u die formaat van die rekord wat u versoek het, noem wanneer u u versoek rig, sodat ons u van die maksimum moontlike hulp kan wees.
  • As u liggaamlik gestrem is of as u nie kan lees of skryf nie, kontak asseblief die toepaslike Adjunk-Inligtingsbeampte wat u met die voltooiing van u versoek sal bystaan, en sal ook ʼn skriftelike afskrif van die versoek na u deurstuur.

Terug na bo


 

Eskom se Adjunk-Inligtingsbeamptes en Verwante Sake-inligting

Beamptes ingevolge die Wet is Eskom se Uitvoerende Hoof die Inligtingsbeampte vir Eskom. Hy word egter toegelaat om iemand aan te stel om om in di verband by te staan. Eskom se Uitvoerende Hoofbeampte, Brian Dames, het ʼn Kordinerende Adjunk-Inligtingsbeampte, Mohamed Adam, aangestel om hom ingevolge die Wet by te staan. Verder het hy ʼn Nasionale Adjunk-Inligtingsbeampte met Adjunk-Inligtingsbeamptes uit elke bedryfsafdeling binne Eskom aangestel om spesifieke versoeke om inligting binne die afdelings te hanteer. Wanneer u ʼn versoek maak, rig dit asseblief aan die Inligtingsbeampte.  Dit staan u egter vry om die Nasionale Adjunk-Inligtingsbeampte vir meer inligting te nader, as u dit graag sou wou doen.

Kordinerende Adjunk-Inligtingsbeampte

Naam

Afdeling / Maatskappy

Telefoonnr.

e-pos

Mohamed Adam 

Regulasie- en Regsafdeling

(011)800-6076

AdamM@eskom.co.za 

Nasionale Adjunk-Inligtingsbeampte

Naam

Afdeling / Maatskappy

Telefoonnr.

Faksnr.

e-pos

Eddie Laubscher 

Korporatiewe Dienste-afdeling

(011) 655-2130

0866679952

eddie.laubscher@eskom.co.za

 

Adjunk-Inligtingsbeamptes  

Naam

Afdeling / Maatskappy

Telefoonnr.

Faksnr.

e-pos

Jacob Buys

Korporatiewe Finansile Afdeling

(011)800-4703

(011)800-3045

jacob.buys@eskom.co.za

Dawn Jackson

Korporatiewe Sekretariaat

(011)800-3392

(011)800-4212

dawn.jackson@eskom.co.za  

Eddie Laubscher 

Regulasie- & Regsafdeling

(011) 655-2130

0866679952

eddie.laubscher@eskom.co.za

Ohna Smit

Transmissie-afdeling
(Sleutel-verkope en -klante)

(021)915-2608

(021)915-2623

ohna.smit@eskom.co.za       

Ntokozo Mngoma

Eskom Finance Company

(011) 800-2595

(011) 800-4636

ntokozo.mngoma@eskom.co.za

Andrew Anderson

Escap & Gallium

(011) 800-2669

(011) 800-2028

andrew.anderson@eskom.co.za

Lolo Raphadu

Eskom Ontwikkelingstigting

(011) 800-4480

(011) 800-2246

lolo.raphadu@eskom.co.za  

Christo Olivier

Kernkrag

(021) 550 4980

(021) 550 5400

OlivierC@eskom.co.za

 

Terug na bo


DIE STRUKTUUR EN FUNKSIES VAN ESKOM

Vername produkte en dienste
Eskom is ʼn vertikaal gentegreerde bedryf wat elektrisiteit opwek, oorbring en versprei.
Eskom wek 95% van die elektrisiteit op wat in Suid-Afrika gebruik word.

Eskom Enterprises, die volfiliaal van Eskom, tesame met sy filiale, dien as ʼn middel waardeur al die niegereguleerde bedrywighede van Eskom, sowel binne as buite Suid-Afrika, uitgevoer word. Eskom Enterprises se kern sakebedrywighede is infrastruktuurontwikkeling, energie-sakebedrywighede, gespesialiseerde energiedienste en die nastreef van gulde geleenthede in verwante of strategiese ondernemings, inligtingstegnologie en telekommunikasies.

Lande waarin bedrywighede gele is
Eskom se bedrywighede is in Suid-Afrika gele. Eskom Enterprises bestuur bedrywighede op die Afrika-vasteland, met sy hoofkantoor in Johannesburg, Suid-Afrika, met ander kantore in Uganda, Nigeri en Mali.

Eienaarskap
Die eienaarskap van Eskom word in die Suid-Afrikaanse regering gesetel.

Aard van markte en klante wat bedien word
Elektrisiteit word aan nywerheid-, mynwese-, kommersile, landbou- en residensile klante en herverspreiders verkoop.

Omvang van bedrywighede
Eskom, Suid-Afrika se elektrisiteit-nutsmaatskappy, is onder die top sewe nutsmaatskappye ter wreld volgens opwekkingsvermo, en onder die top nege volgens verkope.

Uiteensetting van verkope volgens land/streek
Die meerderheid verkope is in Suid-Afrika, met slegs ʼn klein persentasie verkope in die Suider-Afrika streek.

Bykomende inligting oor ekonomiese, omgewings- en maatskaplike aspekte
Eskom is daartoe verbind om hom by internasionale inisiatiewe oor volhoubaarheidsverslagdoening te belyn. Verdere omgewings- en maatskaplike inligting is op die Eskom webwerf beskikbaar.

 Terug na bo


Lede van die Direksie van Eskom Holdings SOC Beperk

(Verwys na "Leadership" in hierdie Webblad)

Terug na bo




Uitvoerende Bestuurskomitee (Exco)

(Verwys na "Leadership" in hierdie Webblad)

 

Terug na bo


SLEUTELAANDRYWERS VAN RIGTING

Doel, waardes en strategiese oogmerke
Die doel van Eskom se jaarlikse korporatiewe plan is om die strategiese en operasionele rigting van Eskom uiteen te sit en om die nodige finansiële, operasionele en hulpbronplanne vas te lê om hierdie rigting te ondersteun. As sodanig word die korporatiewe plan ’n betrokkenheidsdokument vir bespreking met Eskom se belanghebbers. Die jongste plan dek die vierjaartydperk van 1 April 2014 tot 31 Maart 2018 en die fokus is op Eskom se reaksieplan op sy veranderende omgewing.
 
’n Sekondêre oogmerk van die korporatiewe plan is om aan die vereistes van artikel 52 van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur (PFMA) sowel as artikel 29 van die regulasies van die nasionale tesourie te voldoen en om Eskom se interne beleide te ondersteun. Die gekonsolideerde korporatiewe plan met al sy bylaes word jaarliks aan die Departement van Openbare Ondernemings (DPE) en die Nasionale Tesourie voorgelê.
Die teikens wat in die geïntegreerde verslag vir 2013/14 weerspieël word, is dié wat goedgekeur is in die vyfjaar- korporatiewe plan wat 2013/14 tot 2017/18 gedek het. Die teikens vir 2017/18 is dié wat weerspieël word in die huidige vierjaar- korporatiewe plan wat op 28 Februarie 2014 aan DPE en die Nasionale Tesourie voorgelê is. Eskom se doel, waardes en strategiese oogmerke was dieselfde in sowel die korporatiewe planne vir 2013/14 en 2014/15.
 
Eskom se doel, waardes en strategiese oogmerke



 

Doel
 
Die doel van Eskom is om volhoubare elektrisiteitsoplossings te voorsien om die ekonomie te help groei en om die lewensgehalte van mense in Suid-Afrika en in die streek te verbeter.
 
Strategiese oogmerke
 
Eskom het hom met agt strategiese oogmerke belyn. Hierdie oogmerke rig Eskom om sy doel, visie en waardes te bereik. Hulle word jaarliks as deel van die korporatiewe beplanningsproses bevestig.
 
Om ’n hoëprestasie organisasie te word
 
Eskom sit sy transformasie in ’n hoëprestasie nutsdiens wat op gehalteklantediens fokus voort; veiliger, doeltreffende en doelmatige aanlegbedryf deur verstandige aanlegonderhoud; die optimale benutting van sleuteltalent en die versekering dat aanpassingsmaatreëls gereed is in geval van groot ontwrigtende gebeurtenisse. Die sakeproduktiwiteitsprogram identifiseer en elimineer ondoeltreffendhede in die besigheid om Eskom in staat te stel om sy koste en uitgawes beter te bestuur.
 
Leiding en samewerking om die ligte aan te hou
 
Eskom is daartoe verbind om die ligte aan te hou terwyl dit terselfdertyd ’n vaste grondslag vir volhoubare bedrywighede behou. Dit sal gedoen word deur ’n leidende rol te speel en aktief met alle belanghebbers, insluitende die mense van Suid-Afrika, saam te werk in ’n omvattende vraag-en-aanbod-bestuurstelsel.
 
Verkleining van Eskom se omgewingsvoetspoor en nastrewing van laekoolstofgroei
 
Eskom is daartoe verbind om sy omgewings- en koolstofvoetspoor te verklein en om Suid-Afrika te help om sy omgewingsteikens te bereik deur oor te skakel na ’n skoner energiemengsel en emissies en waterverbruik te verminder en volle nakoming van omgewingswetgewing te verseker. Daarbenewens moet Eskom aanpas by ’n veranderende omgewing as gevolg van die negatiewe uitwerking van klimaatsverandering wat druk plaas op sy hulpbronne en infrastruktuur.
 
Versekering van toekomstige hulpbronvereistes
 
Eskom moet saamwerk met verskaffers en reguleerders om seker te maak dat dit die nodige hulpbronne het, insluitende grond, steenkool, vloeibare brandstof, uraan en water, sodat sy huidige en nuwe opwekkingsbates kan bly werk.
 
Implementering van steenkoolvervoer en die pad-na-spoor-migrasieplan
 
Eskom sal steeds die aantal steenkoolvragmotors op die pad verminder en tot die sekuriteit van die steenkoollewering bydra deur steenkoolvervoer van pad na spoor te migreer. Die oogmerk is om die koste van die vervoer van steenkool te verlaag en die veiligheidsrekord van die steenkoolvervoerders te verbeter.
 
Nastrewing van deelname deur die privaat sektor
 
Eskom tree op as ’n aansporing vir deelname deur die privaat sektor in Suid-Afrika om die sekuriteit van lewering vir Suid-Afrika te verseker.
 
Transformasie (insluitend die sakeproduktiwiteitsprogram)
 
Eskom het ’n transformasieprogram ingestel om uitdagings in verband met nasionale en interne transformasie die hoof te bied deur gebruik te maak van die kapasiteitsuitbreidingprogram en Eskom se organisatoriese besteding om werkloosheid te verminder, die land se vaardigheidspoel te verbeter en billikheid in die ekonomie en die werkplek te vergroot. Die transformasieprogram word ingelig deur die regering se ontwikkelingsdoelwitte.
 
Eskom gee aandag aan die algehele uitdagings waarvoor dit te staan kom deur middel van die sakeproduktiwiteitsprogram, wat daarop mik om ’n volhoubare besigheid te verseker ondanks finansiële beperkings.
 
Versekering van Eskom se finansiële volhoubaarheid
 
Eskom bly daarop gefokus om die besigheid te herontwerp om volhoubaarheid en koste-effektiwiteit te behaal deur ’n balans te handhaaf tussen kostevermindering waar gepas en die drie bronne van befondsing: kapitaal, skuld en inkomste. Dit sal onvermydelik toenemende elektrisiteitspryse behels om tariewe te verkry wat koste weerspieël en om ’n ondersteunende kredietwaardigheidsbepaling te behou wat toegang behou tot befondsing sowel as die koste daarvan verminder.
 
Skakel tussen Eskom se strategiese oogmerke en die “ses kapitale”
 
Die kapitale, soos gedefinieer in die geïntegreerde rapporteringsraamwerk, is “voorrade van waarde” wat vermeerder, verminder of verander word deur die aktiwiteite en uitsette van ’n besigheid.
 
Vir die doel van die geïntegreerde rapporteringsraamwerk word die ses kapitale soos volg gekategoriseer en beskryf:
Finansiële kapitaal – Die poel fondse wat aan ’n organisasie beskikbaar is vir gebruik in die produksie van goedere of die voorsiening van dienste
Vervaardigde kapitaal – Vervaardigde fisiese voorwerpe (onderskei van natuurlike fisiese voorwerpe) wat aan ’n organisasie beskikbaar is vir gebruik in die produksie van goedere of die voorsiening van dienste. Vervaardigde kapitaal word dikwels deur ander organisasies geskep, maar sluit bates in wat deur die rapporterende organisasie  vervaardig word vir verkoop of wanneer dit vir eie gebruik behou word
Intellektuele kapitaal – Organisatoriese, kennisgebaseerde ontasbare bates
Mensekapitaal – Mense se bevoegdhede, vermoëns en ondervinding, en hulle motiverings om te innoveer
Sosiale en verhoudingskapitaal – Die instellings en die verhoudings binne en tussen gemeenskappe, groepe belanghebbers en ander netwerke, en die vermoë om inligting te deel om individuele en gesamentlike welsyn te verbeter
Natuurlike kapitaal – Alle hernubare en niehernubare omgewingshulpbronne en prosesse wat goedere of dienste voorsien wat die vorige, huidige of toekomstige voorspoed van ’n organisasie ondersteun
 
Die tabel hieronder gee ’n aanduiding van hoe die ses kapitale deur Eskom se strategiese oogmerke geraak word. Dit blyk duidelik hieruit dat Eskom se strategiese oogmerke geïntegreer is en alle aspekte van sy besigheid oorweeg asook as die waarde wat dit met die verloop van tyd skep.
 
Ses kapitale
Finansiële
kapitaal
Vervaar-digde
kapitaal
Intellektuele
kapitaal
Mense-kapitaal
Sosiale en
verhoudings-kapitaal
Natuurlike
kapitaal
Om ’n hoëprestasie-organisasie te word
Tick Tick Tick Tick Tick Tick Tick
Leiding en samewerking om die ligte aan te hou
Tick Tick Tick Tick Tick Tick
Verkleining van Eskom se omgewingsvoetspoor en nastrewing van laekoolstofgroei
Tick Tick Tick Tick Tick Tick
Versekering van toekomstige hulpbronvereistes
Tick Tick Tick Tick
Implementering van steenkoolvervoer en die pad-na-spoor-migrasieplan
Tick Tick Tick
Nastrewing van deelname deur die privaat sektor
Tick Tick Tick Tick
Transformasie (insluitend die sakeproduktiwiteits-program)
Tick Tick Tick Tick
Versekering van finansiële volhoubaarheid
Tick Tick Tick Tick Tick Tick

 
Kompromisse
’n Oorskot van of tekort aan enige van die hulpbronne wat nodig is vir Eskom se kernbedrywighede of steundienste kan al die ander beïnvloed. Eskom kontroleer en bestuur voortdurend die koste en voordele van sleutelkompromisse tussen sy nodige hulpbronne om te verseker dat sy bedrywighede doeltreffend en volhoubaar is. Die volgende is voorbeelde van die kompromisse waarvoor Eskom tans te staan kom:
 
  • Diesel om die oopsiklus-gasturbines aan te dryf, verseker sekuriteit van lewering op die kort termyn, maar het op die langer termyn ’n negatiewe uitwerking op Eskom se finansiële volhoubaarheid
  • Eskom se Opwekkingsvolhoubaarheidstrategie is deurslaggewend om op die lang termyn aanleggesondheid en -betroubaarheid te verbeter, wat sodoende sekuriteit van lewering verbeter. Op die korter termyn moet beplande onderhoud gebalanseer word met die beperkte kragstelsel en finansiële beperkings. In teenstelling hiermee het nalating van voldoende onderhoud ’n negatiewe uitwerking op aanlegbetroubaarheid, wat eweneens die risiko van beurtkrag vergroot
  • Versoeke aan klante om hulle elektrisiteitsvraag te verminder, help Eskom om in die vraag te voorsien, maar het negatiewe gevolge vir Eskom se inkomste as gevolg van verminderde verkope
  • Steenkool is finansieel gesproke ’n betreklike goedkoop brandstof om te verkry, maar dit het ’n hoë omgewingskoste en dra by tot ’n toenemend kwesbare aanbodketting, bv. afhanklikheid van padvervoer en mynuitdagings wat gepaard gaan met uiterste weerstoestande
 

Terug na bo


HOOF SAKEBEDRYWIGHEDE

Eskom verdeel sy besigheid in daardie areas wat met kernbedrywighede verband hou, d.w.s. elektrisiteitsvoorsiening, en sy nie-kern sakebedrywighede, d.w.s. diensverskaffing rondom die gebruik van elektrisiteit.

Kernbesigheid

Steunbesighede

Markte

Elektrisiteit

  • Opwekking
  • Transmissie 
  • Verhandeling
  • Distribusie 

 

  • Rotek Industri en ander steunbesighede
  • Kapitaaluitbreidingsdepartement
  • Projekonwikkelingsdepartement
  • Tegniese dienste

 

  • Suid-Afrika
  • SAOG
  • Afrika wat by die SA-netwerk aangesluit is
  • Res van Afrika
 

KERNFEITE OOR ESKOM

Eskom se sakebedrywighede

Eskom se sakebedrywighede dek die hele elektrisiteitswaardeketting van die bou van kraginfrastruktuur tot die bedryf en onderhoud van hierdie fasiliteite en die verkoop van die elektrisiteit wat dit voorsien.

Die wesenlike kwessies en risikos wat op ʼn hor vlak saamgevat is, word al langs die waardeketting uiteengesit, wat die volgende elemente insluit:

  • Konstruksie (word deur die diensfunksies bestuur)
  • Primre energie (word deur die diensfunksies bestuur)
  • Opwekking van elektrisiteit
  • Transmissie en verspreiding van elektrisiteit
  • Klantediens
  • Kernkwessies by diens en strategiese funksies (veiligheid, gesondheid, omgewings- en kwaliteitskwessies word onder hierdie onderafdeling aangespreek maar die hele waardeketting is daarvoor toerekenbaar)
  • Finansile prestasie.

Opwekking van elektrisiteit

Eskom het die ambisie om te verseker dat geen kragonderbrekings weens gebrek aan aanlegbeskikbaarheid plaasvind nie. Om hierdie ambisie te verwerklik, streef Eskom om ʼn wreldklas opwekkingsnutsmaatskappy te word deur ho betroubaarheid en die beskikbaarheid van sy opwekkingsbates te bewys, met ʼn strewe na ʼn Energie-beskikbaarheidsfaktor (Energy Availability Factor of EAF) van 90%.

Transmissie-afdeling

Transmissie is deel van die proses om die krag wat deur Eskom se kragsentrales opgewek is aan sy verspreidingsnetwerke en sy eindklante te lewer. Dit sluit die take van balansering van vraag en aanbod in rele tyd in, asook internasionale verhandeling van energie, en beplanning en bedryf van die transmissienetwerk wat uit 28 995km se transmissielyne en 153 substasies bestaan.

Distribusie-afdeling

Die Distribusie-afdeling se mandaat is om die verspreidingsnetwerk te bedryf en te onderhou. Eskom besit 47 509km se distribusielyne, 311 831km se benettingskraglyne en 11 415km se ondergrondse kabels in Suid-Afrika, wat die grootste kraglynstelsel in Afrika verteenwoordig.

Sedert 1991 het Eskom meer as 4,2 miljoen elektrifikasie-huishoudings by die verspreidingsnetwerk aangesluit. Die elektrifikasiestrategie was om met die fondse beskikbaar (minste-koste benadering) soveel klante soos moontlik aan te sluit. Netwerkbeplanning was hoofsaaklik op nakoming van die minimum regulasievereistes toegespits en nie op ononderbroke toevoervereistes nie.

Hierdie benadering het daartoe gelei dat verlengde radiale subtransmissie- en verspreidingskraglyne toevoer aan groot getalle klante voorsien met weinige alternatiewe toevoer-opsies beskikbaar in geval van kragonderbrekings. Distribusie se netwerke word dus deur die volgende gekenmerk:

  • Gemiddelde voerlyn van meer as 100km (party so lank as 300km)

  • Ho aantal klante (in sommige gevalle meer as 10 000) per voerlyn.

  • Lae netwerksigbaarheid wat die afstandbeheer van skakeltoestelle beperk.

Groep Klantediens

Om klantediens te verbeter en sy openbare beeld te poets, het Eskom ʼn onderafdeling die Groep Klantediens gevestig. Die doel van die onderafdeling is om die klant in die middelpunt van Eskom se besigheid te plaas en om ʼn enkele punt vir toerekenbaarheid en verhoudingsbestuur vir alle klante te verseker. Om hierdie doel te bereik het Eskom ʼn sentrum vir uitmuntende klantediens gevestig, met gestruktureerde bedryfseenhede om bedryf te verbeter en om reputasierisiko te bestuur.

Die onderafdeling sluit ook al die gentegreerde vraagbestuur-inisiatiewe in wat deur die maatskappy geneem is.

Konstruksie

Sedert 2005 is Eskom by ʼn wesenlike kapitaaluitbreidingsprogram betrokke om Suid-Afrika se opwekking- en transmissievermo te verhoog om in die toenemende vraag na krag te voorsien. Die totale koste van hierdie fase van die program tot 2018/19 word op R340 miljard (gekapitaliseerde leenkoste uitgesluit) geraam. Wanneer die program voltooi is, sal twee van die lewerbares, die Kusile- en Medupi-kragsentrale, die derde- en vierde-grootste steenkoolkragstasies ter wreld wees. Benewens die uitgawes op vermo het Eskom ook beduidende kapitaaluitgawes om die huidige bedryfsaanlegte op te knap, te onderhou en te versterk wat nagenoeg R19 miljard vir die huidige jaar beloop.

Primre energie

Eskom moet voldoende primre energie bronne (steenkool, water, uraan, sorbent en biomassa) van die nodige gehalte, betyds en teen die minimum koste vir die bedryf van sy steenkoolkragstasies opspoor en verkry.

Diensfunksies

Menslike hulpbronne

Synde die bewaarder van mensebestuur binne Eskom, het Menslike Hulpbronne (MR) ʼn mandaat om in vennootskap lynbestuur te bemagtig om ʼn vaardige, toegewyde, betrokke en toerekenbare personeelbasis regoor Eskom te werf, te ontwikkel en te behou. MR is verbind tot die bou van vaardighede nie alleen intern vir Eskom nie maar ook vir die gemeenskappe waarbinne Eskom werk. Dit word gedoen ter ondersteuning van Eskom se strewe en plig om die ekonomie te laat groei en om die lewensgehalte van mense in Suid-Afrika en in die streek te verbeter, soos geskets in die Nuwe Groeipad.

Finansies

Het ten doel om finansile strategie, beleid, versekering en strategiese finansile dienste (insluitende tesourie- en gedeelde dienste, korporatiewe en regulatoriese verslagdoening, belasting- asook finansile evalueringsdienste en adviserende dienste) aan die Eskom-Groep te voorsien.

Groepkapitaal

Om ʼn sentrum van uitmuntendheid vir die toedeling en monitering van alle kapitaaluitgawes op groepvlak en vir die beplanning, ontwikkeling, monitering en uitvoering van mega-projekte te skep.

Groep Tegnologie- en Kommersile Onderafdeling

Die nuut gestigte Groep Tegnologie- en Kommersile Onderafdeling het as kern verantwoordelikheid die toesig, monitering en uitvoering van die ingenieurs- en verkrygingsbedrywighede (insluitende primre energie) regoor Eskom, asook toesig oor die Eskom Enterprises SOC Beperk-groep van maatskappye.

Strategiese funksies

Ondernemingsontwikkeling

In Februarie 2012 is die Enterprise Development Groep gestig as ʼn strategiese funksie binne Eskom. Hierdie verandering bied ʼn gulde geleentheid om vier sleutelportefeuljes te vorm en bymekaar te voeg, naamlik Strategie en Risikobestuur, die Regulasie- en Regsportefeulje, Korporatiewe Sake en Groep IT al is dit van die perspektief van ontwikkeling van die onderneming. Dit is ʼn besonder opwindende stap en bied ʼn enorme uitdaging aan ons vernuftigheid asook om ʼn nuwe platform te skep wat sal help om Eskom se ontwikkelingsmandaat uit te voer.

Strategie en Risikobestuur

Om ʼn gentegreerde benadering tot organisatoriese strategie, risikobestuur en korporatiewe beplanning te lei om volhoubaarheid en veerkragtigheid te verseker.

Die nuut gestigte portefeulje vir organisatoriese strategie en risikobestuur het ten doel om te verseker dat Eskom wreldklas strategie-ontwikkeling en hersiening, risiko en veerkragtigheid, en korporatiewe beplanningsprosesse wat belanghebbendes se vereistes vervul en voortdurend die organisasie se prestasie verbeter, sal h.

Die afdeling wil hierdie doel bereik deur ʼn ho prestasie strategie- en risikobestuurportefeulje op te bou wat organisatoriese strategie-ontwikkeling, korporatiewe beplanning en risiko- en veerkragtigheidsbestuur in ʼn vaartbelynde strategiese ondersteuningsvermo te integreer.

Regulasie- en Regsafdeling

Die Regulasie- en Regsafdeling is in sy huidige vorm aan die begin van die boekjaar as deel van die strategiese oorsig gevestig. Dit bestaan uit die regulasie-, regs-, nakoming-, korporatiewe bestuursbeheer en die maatskappy se sekretariaatafdelings. Dit het die assuransie en forensiese afdeling tot die laaste kwartaal van 2011 ingesluit. Die rol van Adjunk-Inligtingsbeampte ingevolge die Wet op Bevordering van Inligting is aan die Uitvoerende Afdelingsbeampte gedelegeer en die hulpbronne word in die regs- en nakomingsonderafdeling bestuur.

Die onderafdeling verseker goeie korporatiewe bestuursbeheer, assuransie en nakoming met huidige beleid, regulatoriese en regsraamwerke en skep ʼn bevoegde regsomgewing.

Korporatiewe Sake

Om deur middel van doeltreffende kommunikasie en bestuur van belanghebbendes van Eskom een van die top kragmaatskappye ter wreld te maak, wat veerkragtig is, oor vertroue en ʼn goeie reputasie beskik, gewaardeer word en in Suid-Afrika en die wreld ho aansien geniet.

Eskom se betrokkenheid by belanghebbendes word op die AA1000 Stakeholder Engagement-standaard1 gegrond. Eskom is tot die AA1000 se toerekenbaarheidsbeginsels van inklusiwiteit, wesenlikheid en deelname verbind. Die proses word ook deur Eskom se verbintenis tot die VN-wreldooreenkoms en die King III-beginsels benvloed.

Eskom Ontwikkelingstigting NPC

Die Eskom Ontwikkelingstigting NPC (die Stigting) kordineer en voer Eskom se korporatiewe maatskaplike beleggingstrategie uit. Dit ondersteun sosio-ekonomiese ontwikkelingsprogramme deur gemeenskappe te teiken waarin Eskom sy kapitaaluitbreidingsprogram uitvoer. Eskom ondersteun ook die regering se prioriteite van vaardigheidsontwikkeling, werkskepping en armoedeverligting.

Groep Inligtingstegnologie

Groep Inligtingstegnologie (IT) het ten doel om doeltreffende en beveiligde inligtingstelsels te verseker vir doeltreffende bestuur, akkurate en tydige fakturering van Eskom se klante, akkurate en tydige betalings aan krediteure en werknemers, en doeltreffende kragontwikkeling en -transmissie oor die nasionale kragnetwerk.

Volhoubaarheid

Om oplossings te lewer wat volhoubare besigheidsprestasie moontlik maak en belanghebbendes se vertroue laat groei, en daardeur tot die transformasie van Eskom en Suid-Afrika bydra. Dit sluit die volgende in:

  • Verseker ʼn veilige werkplek vir personeel met die beginsel van geen skade (Zero harm) nie wat in hul psige ingeskerp word
  • Beskerm die omgewing en verminder die koolstofspoor
  • Doen navorsing en toetsing om op ʼn wreldreaktiewe manier koste-effektiewe, klimaatsvriendelike en innoverende benaderings tot kragvoorsiening te ondersteun
  • Implementeer die kwaliteitswaardeketting
  • Handhaaf Eskom se internasionale profiel, verhoudinge en openbare betrekkinge
  • Vergemaklik die ontplooiing en sterker ontwikkeling van ʼn hernieubare energiebedryf in Suid-Afrika.

Enterprises-groep

Eskom Enterprises SOC Bpk bevat nie-gereguleerde onderafdelings soos Eskom Lugvervoer, Eskom Telekommunikasies, en PTM en ekwiteitsbeleggings in ander nie-gereguleerde sakebedrywighede. Die groep se hoofdoel is om Eskom Holdings te ondersteun, om die bewaarder van nie-gereguleerde ondernemings te wees en om strategiese en kommersile lewenssiklusdienste aan die lynonderafdelings van Eskom Holdings SOC Bpk te lewer.

Onderafdelings van Eskom Enterprises SOC Bpk soos op 31 Maart 2012 sluit die volgende in:

Rotek Industries SOC Ltd ​
  • Ingenieurs-, konstruksie en toerustingvoorsieningsmaatskappy met onderafdelings wat fokus op spesifieke sake-afdelings.
  • Kragopwekdienste, voorheen bekend as Turbo Machinery Services, wat turbomasjinerie herstel en onderhou en medium tot swaar masjineerdienste aan die algemene ingenieursbedryf lewer.
  • Kragverspreidingsdienste, wat transformators en skakelwerktoerusting herstel en onderhou.
  • Grootmaatwaterdienste, wat waterskemas bedryf, herstel en onderhou.
​Roshcon SOC Ltd
  • ​Elektriese infrastruktuur, wat elektrifikasiekontrakte en elektrisiteitsinkomstebestuurstelsels bestuur.
  • Siviele infrastruktuur (aktief in algemene siviele konstruksie).
  • Afvalbenefisiëring, wat ’n langtermynkontrak met betrekking tot slakherwinning bedryf.
  • Afval-, omgewings- en massamateriaal, wat huishoudelike, nywerheids-, en mynafval bestuur, sowel as massamateriaalberging en -herwinning.
  • Rotran, wat ’n vloot swaar vervoerwaens bestuur.
  • TAS Automotive verkoop MAN-vragmotors en onderdele en voorsien ook werkswinkeldienste aan vragmotors.
  • Die Rosherville Properties Division bestuur die 240-hektaar Rotek-perseel by Rosherville, naby die middel van Johannesburg.
​Pebble Bed Modular Reactor SOC Limited
  • ​Die maatskappy is gestig met die bedoeling om die Pebble Bed Modular Reactor-tegnologie plaaslik en internasionaal te verkoop.
​Trans-Africa Projects (Pty) Ltd
  • ​’n Elektrisiteitgeleidingsingenieurswese- en projekbestuurmaatskappy
​Trans Africa Projects Ltd (Mauritius)
  • ​’n Elektrisiteitgeleidingsingenieurswese en projekbestuursmaatskappy.
  • Bied ’n verskeidenheid dienste van konsultering tot EPCM, inwerkingstelling en onderhoud
  • Projekondervinding in Suider-Afrika en Afrika suid van die Sahara: Primêre konsultskap met ’n paar EPCM.
​South Dunes Coal Terminal SOC Ltd
  • ​SDCT het die reg om deel te neem aan die uitbreiding van die steelkooluitvoerterminaal in Richardsbaai. Hierdie onderneming sal die Golang-steenkoolprojek bevorder
​Eskom Energie Manantali s.a
  • ​Omvang: Bestuur, bedryf en onderhoud van die Manantali-dam. ’n 200 MW-hidrokragstasie en gepaardgaande geleidingskraglyne wat die drie elektrisiteitsdienste van Mali, Senegal en Mauritanië verbind.
  • Sluit ook inkomstebestuur, reservoirbedryf, versending en energiebeplanning in
​Eskom Telecomms
(’n Afdeling van EE)
  • Private netwerkonderneming wat Eskom-gereguleerde besigheid bedien.
​Eskom Aviation (’n Afdeling van EE)
  • Die afdeling voorsien ’n lugvervoerdiens hoofsaaklik aan Eskom Enterprises en Eskom, maar doen ook huurvlugte gedurende stil tye.
​Golang Coal SOC Ltd
  • ​JV sal bestaande regte op steenkoolmyn benut. Gaan nie in die toekoms mynregte probeer verkry nie. Beoog om steenkoolkoste vir Eskom te verlaag. Myn steenkool waar laegraadse steenkool aan Eskom verkoop sal word, en die hoëgraadse steenkool uitgevoer sal word. Anker en Eskom besit regte en albei dié regte sal deur die gesamentlike onderneming benut word.
​Rosherville Properties SOC Ltd
  • ​Rustende maatskappy wat ’n paar eiendomme hou
​Eskom Uganda Limited
  • ​Bedryf en onderhou twee hidrokragstasies in Uganda onder ’n 20-jaarkonsessie, naamlik Nalubaala en Kiira.
FILIALE WAT VAN DIE HAND GESIT WORD:
Technology Services International SOC Ltd
Nepskom Communications Ltd (Nigeria)
Eskom Enterprises Global West Africa Limited

 

Terug na bo


ESKOM PRESTASIES

Eskom-handelsmerk
 
Sunday Times
Eskom is deur die koerant Sunday Times gekies as die “Beste maatskappy om voor te werk”. Toekennings is ook ontvang in die kategorie “Gemeenskapsverheffing” (tweede plek) en “Top maatskappy wat die meeste doen om na die omgewing en natuurlike hulpbronne om te sien” (tweede plek)
 
Operation Khanyisa
Die veldtog het ’n Orchid-toekenning van Independent Newspapers ontvang vir sy innoverende benadering tot openbaresektoradvertensie, sowel as ’n Loerie- advertensietoekenning in die Ubuntu-kategorie
The Star-toekenning van Crime Line is vir die tweede keer ontvang
 
13e jaarlikse Oliver Empowerment-toekennings
Eskom was die ontvanger van twee toekennings by die geleentheid wat op 25 April 2014 gehou is, naamlik die toekenning vir Sosio-ekonomiese ontwikkeling vir die Eskom-ontwikkelingstigting se kontrakteurskool en die toekenning vir Ondernemings- en Verskaffersontwikkeling vir Group Commercial – verskaffersontwikkeling en lokalisering
 
Koerant Mail & Guardian
Eskom is deur ingenieurstudente gekies as die Top Ingenieursmaatskappy, en deur MBA en professionele as die tweede beste
 
Finweek
Eskom is as die vierde gewildste handelsmerk in Suid-Afrika aangewys
 
Ons Beskermers
 
Instituut van personeelbestuur
Eskom se menslikehulpbronfunksie is as die wenner aangekondig in die kategorie Menslikehulpbronspan van die Jaar. Die waarnemende hoofraadgewer vir strategie by die EAL het die toekenning vir MH-praktisyn van die jaar gewen vir haar voortreflike bydrae tot die gebied
 
SA Menseregtekommissie
Eskom het die goue sleutel-toekenning vir beste praktyk deur ’n openbare instelling ontvang
 
Stars of Africa
Eskom het die Stars of Africa 2013 se goue toekenning in die Eskom-kontrakteurskool gekry: Kategorie Inkubasie
 
African Utility Week
Dr Steve Lennon het ’n lewenslange-prestasie-toekenning gekry vir sy voortreflike bydrae tot die nutsdiensbedryf by die African Utility Week se bedryfstoekennings
 
Visionary CIO of the Year
Eskom se hoof- inligtingsbeampte (HIB), Sal Laher, was die wenner van die gesogte toekenning vir visionêre HIB van die jaar Die toekenning erken ’n bedryfsleier in alle nywerhede in Suid-Afrika wat bewys gelewer het van visie en leierskap deur gebruik te maak van tegnologie om besigheid te ondersteun en te laat groei
 
Boss of the Year
Ayanda Nakedi, Senior- Algemene Bestuurder van die Hernubare Hulpbronne-sake-eenheid is die Baas van die Jaar vir 2013 toegeken
 
General Counsel of the Year
By die African Legal-toekennings is Willie du Plessis, Algemene Bestuurder (Regspesialis) as algemene regsverteenwoordiger van die jaar aangewys
Geïntegreerde rapportering
 
Nkonki SOC Integrated Reporting
In Junie 2013 het Eskom as die algehele wenner van die Nkonki SOC-geïntegreerde rapporteringstoekennings vir 2013 aangewys. Eskom het ook etlike ander toekennings ontvang in kategorieë wat verband hou met bestuurstoesig en die aansoek van King III
 
Investment Analysts Society of Southern Africa
By die 28e jaarlikse toekennings van die vereniging vir beleggingsontleders is Eskom as die wenner vir die beste aanbieding in die kategorie markplafon bo R30 miljard aangewys
 
Vereniging vir gesertifiseerde geoktrooieerde rekenmeesters
Eskom se geïntegreerde rapport was die wenner in die hulpbronne-afdeling
 
Ernst & Young Excellence in Integrated Reporting
Eskom is beoordeel as ’n “Uitstekende Geïntegreerde Rapporteerder” by die eerste geleentheid van die Ernst & Young 2013-toekenning vir geïntegreerde rapportering
 
Chartered Secretaries Southern Africa- en JSE Limited Annual Report-toekenning
In November 2013 is Eskom aangewys as die gesamentlike wenner, saam met Transnet, in die kategorie vir staatsentiteite
 
Volhoubaarheid
 
Departement van Waterwese
Eskom is as die naaswenner aangewys in die 2013-Waterbewarings- en Watervraagbestuursektortoekenning (mynbou, nywerheid, krag)
 
Prosesse
 
Institute of Management Consultants South Africa
Eskom se Groep IT-afdeling het die toekenning ontvang vir die implementering van die SAP-projek
 
SAP AG
Eskom het sy akkreditering as onafhanklike SAP-sentrum van voortreflikheid van SAP internasionaal ontvang, met ’n punt van 192 uit 200, wat dit een van net vier maatskappye maak wat hierdie vlak van akkreditering bereik het
 
Enterprise Mobility Forum
Eskom het twee mobiliteitstoekennings gewen – een vir die beste ondernemingsoplossing vir Verspreiding se handmatige oplossing vir veldwerkers en die tweede vir die beste opbrengs op belegging vir ’n mobiliteitsoplossing
 

 

Terug na bo

PAIA Handleiding (Deel 2)